
Hopwood waarsku rompslomp kon Dangote-projek kelder
Loading player...
Politieke ontleder Graham Hopwood sê Namibië se versuim om ’n werklike eenstopdiens vir beleggers in te stel en afdwingbare sperdatums vir permitte vas te stel, het die land byna die Dangote-petroleumstoringsprojek van 41,1 miljard Namibiese dollar gekos. Na aanleiding van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ingryping om die ooreenkoms te red, waarsku Hopwood dat nuwe wetgewing dikwels bestaande struikelblokke dupliseer. Hy doen ’n beroep op die regering om die Namibiese Raad vir Beleggingsbevordering en –ontwikkeling, die NIPDB, die nodige politieke steun te gee om rompslomp te verminder.

