Duitsland steun SA se energie-oorgaan

Loading player...
Suid-Afrika se minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, sê Duitsland sal oor vyf jaar ’n bykomende 186 miljoen rand beskikbaar stel om Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang te ondersteun. Hy het tydens COP31 in Turkye gepraat, waar Suid-Afrika hom beywer vir praktiese klimaatsoptrede en die uitvoering van klimaatplanne. Maynier sê die geld sal twee projekte ondersteun wat daarop gemik is om munisipale elektrisiteitsverspreidingsnetwerke te versterk en bykomende finansiering te bekom. Volgens hom sal die inisiatiewe munisipaliteite help om beleggings in hernubare energie te lok:
15 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Windhoek oorweeg waterbeperkings

Stad Windhoek oorweeg dit om as voorsorgmaatreël na Kategorie B van sy waterbestuursplan oor te skakel weens voorspelde ondergemiddelde reënval wat met komende El Niño-toestande verband hou. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê die stap sal vroeë waterbesparing aanmoedig voordat waterbronne onder ernstige druk kom. Hoewel die stadsraad nog nie ’n finale…
15 Nov 10PM 1 min

BKS: Meer as 90% van beeskudde in SA ingeënt

Meer as 90 persent van die nasionale beeskudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt. Dit oortref die regering se teiken van 80 persent, nog voor die sperdatum in Desember. Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê meer as 22 miljoen dosisse entstof is deur gesamentlike pogings in die sektor versprei, terwyl…
15 Nov 5AM 1 min

Walvis Bay Salt Holdings maak geskiedenis met sout na Nigerië

Walvis Bay Salt Holdings het geskiedenis gemaak as Namibië se eerste amptelike uitvoerder onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms. Die maatskappy het 45 000 ton tafelsout en grootmaat-sout na Nigerië verskeep. Adjunk-besturende direkteur Bernard Grove het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié mylpaal en die geleenthede wat dit vir plaaslike uitvoerders…
15 Nov 5AM 1 min

Toerisme: Namibië onder wêreld se laerisiko-bestemmings

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië verwelkom ’n positiewe internasionale beoordeling van die land se reisveiligheid, met Namibië wat vir 2027 onder die wêreld se laerisiko-bestemmings gereken word. Volgens die jongste risikokaart van die sekuriteitsfirmas Safeture en Riskline, word Namibië as net so veilig beskou om te besoek as lande soos Duitsland,…
15 Nov 3AM 1 min

Nigerië soek nouer samewerking met SA

Nigerië se aangewese hoof van sending in Suid-Afrika, Olufemi Adewumi Fani-Kayode, het sy land se verbintenis tot die versterking van bilaterale betrekkinge herbevestig. Fani-Kayode het sy geloofsbriewe aan president Cyril Ramaphosa in Tshwane oorhandig en die twee lande as geskiedkundige vriende en belangrike Afrika-vennote beskryf. Hy sê nouer samewerking tussen…
15 Nov 2AM 1 min