
Okahandja-inwoners kan nog lae waterdruk ervaar
Loading player...
Die munisipaliteit van Okahandja verseker inwoners dat die watertoevoer herstel word ná onderbrekings weens tegniese vertragings met NamWater se opknapping van die reservoir en ’n beplande kragonderbreking deur NamPower. Die munisipale woordvoerder, Master Penna, sê inwoners hoef nie paniekerig te raak nie, maar sommige gebiede kan tydens spitstye lae waterdruk ervaar totdat die reservoir teen middel November weer in gebruik geneem word.

