
Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid veroordeel omkoop van polisie
Loading player...
Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het 'n ondersoek begin nadat 'n video, wat wys hoe 'n verkeersbeampte omkoopgeld van 'n motoris aanvaar, op sosiale media versprei is. Die woordvoerder, Ofentse Morwane, sê voorlopige ondersoeke dui aan die beampte, verbonde aan die snelwegpatrollie-eenheid, is tans met kraamverlof. Hy sê die departement verdra geen korrupsie nie en gebruik lyfkameras om aanspreeklikheid en deursigtigheid te ondersteun:

