SA Staatsdienskommissie vra hersiening van tydperk om ‘n raad saam te stel

Loading player...
Die Staatsdienskommissie stel voor dat Suid-Afrika die 14-dae-tydperk vir die samestelling van munisipale rade ná die plaaslikeregeringsverkiesing moet hersien. Ingevolge die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, moet munisipale bestuurders die eerste vergadering van 'n nuwe raad binne 14 dae ná die amptelike aankondiging van die uitslae belê. Die kommissie se voorsitter, professor Somadoda Fikeni, het aan Newzroom Afrika gesê 'n tydperk van 14 dae plaas geweldige druk op ingewikkelde koalisie-onderhandelings tussen verskeie partye:  
16 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nandi-Ndaitwah maan ingenieurs om vaardigheidstekort aan te pak  

President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen ’n beroep op ingenieurs om Namibië se vaardigheidstekort aan te pak. Tydens die eerste Namibia Engineering Excellence Awards het sy gesê slegs 1 400 van die land se 3 500 geregistreerde ingenieurs praktiseer tans, teenoor ’n teiken van 5 000 teen 2030. Sy doen ’n beroep…
16 Nov 1AM 1 min

NAVO: Samesprekings oor Oekraïne se veiligheidswaarborge afgehandel

NAVO: Samesprekings oor Oekraïne se veiligheidswaarborge afgehandel NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, het hoop uitgespreek dat die jongste diplomatieke pogings tussen Oekraïne en Rusland ʼn suksesvolle uitkoms sal hê. Die Amerikaanse gesante, Jared Kushner en Steve Witkoff, het verlede week in Dublin met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, en Rusland…
16 Nov 1AM 1 min

African Congress for Transformation gereed om oor koalisies te onderhandel

African Congress for Transformation gereed om oor koalisies te onderhandel Die African Congress for Transformation sê hy is oop vir koalisie-onderhandelinge met enige politieke party, mits dienslewering die prioriteit bly. ACT het raadslede in die Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat. Dit volg na die plaaslikeregeringsverkiesing, waar meer as 130 rade…
16 Nov 12AM 1 min

Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid veroordeel omkoop van polisie

Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het 'n ondersoek begin nadat 'n video, wat wys hoe 'n verkeersbeampte omkoopgeld van 'n motoris aanvaar, op sosiale media versprei is. Die woordvoerder, Ofentse Morwane, sê voorlopige ondersoeke dui aan die beampte, verbonde aan die snelwegpatrollie-eenheid, is tans met kraamverlof. Hy sê die departement…
16 Nov 12AM 1 min

Okahandja-inwoners kan nog lae waterdruk ervaar

Die munisipaliteit van Okahandja verseker inwoners dat die watertoevoer herstel word ná onderbrekings weens tegniese vertragings met NamWater se opknapping van die reservoir en ’n beplande kragonderbreking deur NamPower. Die munisipale woordvoerder, Master Penna, sê inwoners hoef nie paniekerig te raak nie, maar sommige gebiede kan tydens spitstye lae waterdruk…
16 Nov 12AM 1 min