Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het 'n ondersoek begin nadat 'n video, wat wys hoe 'n verkeersbeampte omkoopgeld van 'n motoris aanvaar, op sosiale media versprei is. Die woordvoerder, Ofentse Morwane, sê voorlopige ondersoeke dui aan die beampte, verbonde aan die snelwegpatrollie-eenheid, is tans met kraamverlof. Hy sê die departement…
Die munisipaliteit van Okahandja verseker inwoners dat die watertoevoer herstel word ná onderbrekings weens tegniese vertragings met NamWater se opknapping van die reservoir en ’n beplande kragonderbreking deur NamPower. Die munisipale woordvoerder, Master Penna, sê inwoners hoef nie paniekerig te raak nie, maar sommige gebiede kan tydens spitstye lae waterdruk…
Die Namibiese Stoeifederasie doen ’n beroep op die publiek om teen 27 November 334 600 Namibiese dollar in te samel om ’n span van 16 lede in Desember na die Statebond-stoeikampioenskap in Polokwane te stuur. Die federasie se sekretaris-generaal, Anke Erasmus, sê die atlete en studente het hul voorbereiding onder…
Die Old Mutual-stigting het vanjaar 300 000 Namibiese dollar vir sy Green Futures-tuinprojek bewillig, wat sy totale belegging in gemeenskapslandbou op 900 000 dollar te staan bring. Vanjaar word groentetuine by Outjo Sekondêre Skool, Bergsig-skool en Jimmy’s Gemeenskapsentrum in die Kunene-streek gevestig, tot voordeel van sowat 1 900 leerders en…
Onderwysminister Sanet Steenkamp waarsku dat privaatskole nie bo die wet verhewe is nie en gederegistreer kan word indien bewyse van rassediskriminasie gevind word. Steenkamp se waarskuwing volg nadat die AR-LP George Kambala gevra het dat die Deutsche Höhere Privatschule en Afrikaanse Privaatskool gesluit word ná beweerde onlangse rassistiese voorvalle. Steenkamp…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.