VSA-Iran se 60 dae het begin

Loading player...
Amerika se visepresident, JD Vance, sê die tydperk van 60 dae om ʼn finale ooreenkoms met Iran te bereik, soos in die pas ondertekende memorandum van verstandhouding uiteengesit is, het begin. Die ooreenkoms bestaan uit 14 punte, wat die opening van die Straat van Hormuz insluit, asook die vereiste dat Iran nooit ʼn kernwapen mag hê nie. Vance sê as deel van die finale ooreenkoms verwag hulle dat Teheran nie in staat sal wees om missiele te vervaardig wat die hele wêreld bedreig nie:
19 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okahandja-inwoners kan nog lae waterdruk ervaar

Die munisipaliteit van Okahandja verseker inwoners dat die watertoevoer herstel word ná onderbrekings weens tegniese vertragings met NamWater se opknapping van die reservoir en ’n beplande kragonderbreking deur NamPower. Die munisipale woordvoerder, Master Penna, sê inwoners hoef nie paniekerig te raak nie, maar sommige gebiede kan tydens spitstye lae waterdruk…
16 Nov 12AM 1 min

Namibiese stoeispan benodig N$334 600 vir Statebondsbyeenkoms

Die Namibiese Stoeifederasie doen ’n beroep op die publiek om teen 27 November 334 600 Namibiese dollar in te samel om ’n span van 16 lede in Desember na die Statebond-stoeikampioenskap in Polokwane te stuur. Die federasie se sekretaris-generaal, Anke Erasmus, sê die atlete en studente het hul voorbereiding onder…
16 Nov 12AM 1 min

Old Mutual belê N$300 000 in gemeenskapstuine vir voedselsekerheid

Die Old Mutual-stigting het vanjaar 300 000 Namibiese dollar vir sy Green Futures-tuinprojek bewillig, wat sy totale belegging in gemeenskapslandbou op 900 000 dollar te staan bring. Vanjaar word groentetuine by Outjo Sekondêre Skool, Bergsig-skool en Jimmy’s Gemeenskapsentrum in die Kunene-streek gevestig, tot voordeel van sowat 1 900 leerders en…
15 Nov 11PM 1 min

Steenkamp waarsku: Privaatskole kan gederegistreer word oor rassisme

Onderwysminister Sanet Steenkamp waarsku dat privaatskole nie bo die wet verhewe is nie en gederegistreer kan word indien bewyse van rassediskriminasie gevind word. Steenkamp se waarskuwing volg nadat die AR-LP George Kambala gevra het dat die Deutsche Höhere Privatschule en Afrikaanse Privaatskool gesluit word ná beweerde onlangse rassistiese voorvalle. Steenkamp…
15 Nov 11PM 1 min

Hopwood waarsku rompslomp kon Dangote-projek kelder

Politieke ontleder Graham Hopwood sê Namibië se versuim om ’n werklike eenstopdiens vir beleggers in te stel en afdwingbare sperdatums vir permitte vas te stel, het die land byna die Dangote-petroleumstoringsprojek van 41,1 miljard Namibiese dollar gekos. Na aanleiding van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ingryping om die ooreenkoms te red,…
15 Nov 11PM 1 min