
Trump se 10% tarief raak nie Agoa nie
Loading player...
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het onlangs gesê dat Amerikaanse tariefstygings dreig om vorige winste uit voorkeurtoegang vir uitvoere na die VSA onder Agoa te ondermyn. Sy sê die tariefverskuiwing beteken dat Namibië sy handelsposisie teenoor die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied herkalibreer. Kosmos 94.1 Nuus het met die internasionale betrekkinge-ministerie gepraat, wat sê Agoa word nie deur die nuwe 10 persent Amerikaanse tariewe geraak nie. Asser Nashikaku, direkteur in die ministerie verduidelik.

