Suid-Afrika se minister van bosbou, visserye en die omgewing, David Maynier, sê Duitsland sal oor vyf jaar ’n bykomende 186 miljoen rand beskikbaar stel om Suid-Afrika se regverdige energie-oorgang te ondersteun. Hy het tydens COP31 in Turkye gepraat, waar Suid-Afrika hom beywer vir praktiese klimaatsoptrede en die uitvoering van klimaatplanne…
Stad Windhoek oorweeg dit om as voorsorgmaatreël na Kategorie B van sy waterbestuursplan oor te skakel weens voorspelde ondergemiddelde reënval wat met komende El Niño-toestande verband hou. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê die stap sal vroeë waterbesparing aanmoedig voordat waterbronne onder ernstige druk kom. Hoewel die stadsraad nog nie ’n finale…
Meer as 90 persent van die nasionale beeskudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt. Dit oortref die regering se teiken van 80 persent, nog voor die sperdatum in Desember. Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê meer as 22 miljoen dosisse entstof is deur gesamentlike pogings in die sektor versprei, terwyl…
Walvis Bay Salt Holdings het geskiedenis gemaak as Namibië se eerste amptelike uitvoerder onder die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms. Die maatskappy het 45 000 ton tafelsout en grootmaat-sout na Nigerië verskeep. Adjunk-besturende direkteur Bernard Grove het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié mylpaal en die geleenthede wat dit vir plaaslike uitvoerders…
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië verwelkom ’n positiewe internasionale beoordeling van die land se reisveiligheid, met Namibië wat vir 2027 onder die wêreld se laerisiko-bestemmings gereken word. Volgens die jongste risikokaart van die sekuriteitsfirmas Safeture en Riskline, word Namibië as net so veilig beskou om te besoek as lande soos Duitsland,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.