Maroela Media Operasie Umbra

Operasie Umbra

In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ʼn skaduwee nie.
Hierdie radiodrama is nou te koop by https://maroelawinkel.co.za/collections/frontpage/products/operasie-umbra

‘Operasie Umbra’ is ʼn spanningsvolle radiodrama uit die pen van Joe Kleinhans. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie Kemp, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
20 – 40

Operasie Umbra – Episode 21

Francis Gerwel wil bitter graag saamgaan Iran toe maar sy word gestuit: “Iran het vereistes gestel. Jou supermark is nie ʼn prioriteit nie.” Natuurlik gaan die dinamiese vrou dit nie sommerso aanvaar nie. Sy voer altyd ʼn plan in die mou. Die ouetehuis kry uiteindelik ʼn lankverwagte geskenk.
Season 1 / Episode 21 7 min

Operasie Umbra – Episode 22

ʼn Ete in die Gansvlei Hotel maak opslae. Direkteur Frans Ludik maak ʼn vernuftige plan. Maar hy loop hom vas in iemand wat hy eintlik nie wil sien nie. Malan van Wyk maak uiteindelik die lankverwagte Iran-aankondiging: “Julle is vier wat volgende week vlieg.”
Season 1 / Episode 22 7 min

Operasie Umbra – Episode 23

Brand van Blerck steek sy trots in sy sak en vra hulp. Die gesprek draai gou by Robert Rothman en die kernbomsage: “Het dit nie miskien alles met die uraanverrykingsproses te doen nie? Ek verstaan Suid-Afrika het ʼn unieke en inheemse proses ontwikkel wat nooit elders bekend was nie. Dit…
Season 1 / Episode 23 7 min

Operasie Umbra – Episode 24

Karien Carstens sukkel om tot verhaal te kom ná ʼn nag van skokke. “Ek vermoed die vrou met die duur Duitse motor het iets met die… gemors te doen.” Na wie verwys Karien? Sy kry inligting oor haar pa wat haar ruk. En dis lank nog nie die einde van…
Season 1 / Episode 24 7 min

Operasie Umbra – Episode 25

Brand van Blerck raak erg opgewerk: “Ek het my al hees gepraat oor die vrot veiligheid by die ouetehuis maar Malan van Wyk het nie ore nie.” Iemand besluit om hom te help. Wie gaan die saai daaglikse bestaan van die senior burgers in die Gansvlei Ouetehuis opvrolik?
Season 1 / Episode 25 8 min

Operasie Umbra – Episode 26

Die wenner van die skaakkompetisie is ʼn verrassing! Waaroor stamp Malan van Wyk en Francis Gerwel weer erg koppe en wie gee bes? Francis is nie die enigste persoon op Gansvlei wat Malan stormloop nie. Iemand op die dorp is weg vir ʼn operasie en het nog nie teruggekom nie…
Season 1 / Episode 26 7 min

Operasie Umbra – Episode 27

Malan van Wyk is erg aanvallend: “Ek hoor ongelukkig ook gerugte van gifhouers wat in die veld begrawe word.” Dis nie al aanklag wat hy het nie. Wie loop onder sy skerp tong deur? Direkteur Frans Ludik vergelyk notas met een van sy agente en interessante inligting kom uit. Robert…
Season 1 / Episode 27 7 min

Operasie Umbra – Episode 28

Karien Carstens kry ʼn besoek wat haar onkant vang. Sy word ook ernstig gewaarsku: “Wees versigtig vir Roux Koekemoer. Die man is nie wie hy sê hy is nie.” Haar kop klop met allerhande vrae: “Wat het Robert Rothman en my pa in Singapoer gedoen?” Na wie wend sy haar…
Season 1 / Episode 28 7 min

Operasie Umbra – Episode 29

Direkteur Frans Ludik verkondig skielik groot planne: “Ek mag dalk ʼn vliegtuig koop om boere se landerye daarmee te spuit.” Wat sit daar agter? Hy kom ʼn belangrike afspraak na en nog eens oorheers Singapoer die agenda: “Ons weet nie van ʼn Parviz Janati in Singapoer nie.” Maar skielik moet…
Season 1 / Episode 29 8 min

Operasie Umbra – Episode 30

Malan van Wyk verkondig luidkeels: “Skuus, ek is opgewonde oor baie goed wat besig is om gelyk te gebeur.” Waaroor gaan dit alles? Hy moet tydens ʼn ete ʼn paar sake verduidelik. Saam met wie was die ete en wat is op die agenda? Hy kom ʼn afspraak na met…
Season 1 / Episode 30 7 min

Operasie Umbra – Episode 31

ʼn Storm tref direkteur Frans Ludik op sy nugter maag toe Francis Gerwel hom toesnou: “Kry jou ry uit Gansvlei. Ek het uitstekende kontakte binne mediakringe. Ek sal nie huiwer om hulle te gebruik nie.” Tot sy erge verleentheid is dit ten aanskoue van iemand wat nie daar moes wees…
Season 1 / Episode 31 8 min

Operasie Umbra – Episode 32

Dit is agent Roux Koekemoer se beurt om tot in sy fondamente geskud te word deur Francis Gerwel: “Sit, as jy nie jou gesig môre op ‘Gansvleinuus’ se voorblad wil sien nie.” Mollie Manders bly ʼn bron van kommer vir meer as een inwoner op Gansvlei.
Season 1 / Episode 32 8 min

Operasie Umbra – Episode 33

Direkteur Frans Ludik en agent Roux Koekemoer het ʼn nuwe rendezvous waar hulle koppe bymekaar sit. Maar daar is meer vrae as feite en Roux Koekemoer is eerlik: “Solank as wat ek vir Intelligensie werk, raas my kop vir die eerste keer rêrig. Ek weet nie wat om te glo…
Season 1 / Episode 33 8 min

Operasie Umbra – Episode 34

Karien Carstens kry ʼn verrassing uit ʼn onverwagte oord maar daar is ander sake wat haar diep bekommer: “Ek moes noodgedwonge my pa se goed begin regpak of weggee. En glo my daar is ʼn trommel of twee in die keldervertrek wat vol nare verrassings is.”
Season 1 / Episode 34 9 min

Operasie Umbra – Episode 35

Die geheime rondom die sage van Mollie Manders verdiep. Almal op Gansvlei het ʼn opinie. Francis Gerwel is van mening “…as dit eers so ʼn geheim is, is daar altyd ʼn getroude man by betrokke”. ʼn Skelm ontmoeting in die veld gaan nie ongesiens verby nie.
Season 1 / Episode 35 9 min

Operasie Umbra – Episode 36

Die skelm ontmoeting in die veld maak opslae en ontlok meer vrae vir direkteur Frans Ludik en agent Gerda Bruinders. Dis of die Intelligensie-agente hulleself teen ʼn muur vasdink en die situasie raak onhoudbaar vir direkteur Ludik: “Die DG gaan my braai.”
Season 1 / Episode 36 8 min

Operasie Umbra – Episode 37

Agent Roux Koekemoer deel sy eerlike mening met direkteur Frans Ludik: “Ons moet katvoet loop vir dié vrou. Sy het die kuns vervolmaak om haar mantel na die wind te draai.” Van wie praat Roux? Die dag lewer skokkende nuus op.
Season 1 / Episode 37 7 min

Operasie Umbra – Episode 38

Francis Gerwel is in twee geskeur nadat die polisie haar beetgekry het: “Die polisie vra: As my man selfdood gepleeg het, wie het dan die kameras gesteel?” Sy konfronteer Malan van Wyk oor die saak. Nuwe feite kom aan die lig oor wat daardie noodlottige Saterdagmiddag gebeur het toe Victor…
Season 1 / Episode 38 8 min

Operasie Umbra – Episode 39

Brand van Blerck kuier by Karien Carstens op die plaas met gevoelige herinneringe: “Jou pa was nie eers by toe jy gebore is nie. Jou oupa was woedend. Hy het amper jou pa onterf.” Karien het ʼn handvol vrae. ʼn Selfoon lui vroegaand met skokkende nuus.
Season 1 / Episode 39 7 min

Operasie Umbra – Episode 40

Brand van Blerck is mal van bekommernis. Hy kan nie langer sit en wag vir nuus ná skokkende gebeure nie. Dis of die verlede besig is om homself te herhaal: “Ek het destyds gedink dit was nie ʼn ongeluk nie. Maar die polisie wou nie die saak verder vat nie.”…
Season 1 / Episode 40 8 min
20 – 40